Whk se afvalbestuursplan moet geïmplementeer word, Kupferberg het 3 jaar oor
Windhoek produseer jaarliks net meer as 84 500 ton afval, waarvan ongeveer 36 persent organies is en 16 persent geskik is vir kompos of herwinning. The Brief berig dat David Adams, waarnemende strategiese bestuurder vir infrastruktuur sê Kupferberg het sowat drie jaar van bedryfslewe oor, en sy gevaarlike afvalwerf is besig om sy kapasiteit te nader. Hy voeg by dat die stad 6 persent van die afval wat tans na stortingsterreine gaan sal moet herlei om tyd te koop. Dit is van kardinale belang om ‘n omvattende, geïntegreerde afvalbestuursplan vir 2022 tot 2027 te implementeer wat vermorsing aansienlik sal verminder.