T20: Dis 2-0 in die guns van die Wes-Indiese Eilande
Die Wes-Indiese Eilande het Suid-Afrika met 30 lopies verslaan en loop met twee-nul voor in die reeks van drie T20-wedstryde in Trinidad. Die gashere wat ingestuur is om eerste te kolf, het ʼn teiken van 179 vir ses in hul 20 boulbeurte gestel met Shai Hope wat 41 bygedra het. In reaksie daarop het Reeza Hendricks 44 van 18 balle aangeteken. Die speler van die wedstryd, Romario Shepherd, het egter drie paaltjies vir 15 lopies platgetrek en die Proteas is in net meer as 19 boulbeurte op 149 almal uit. Die laaste T20 vind môre plaas.