Protea-vroue by oefenkamp op Kingsmead

Die Protea-vroue is in Durban byeen vir ‘n nasionale oefenkamp om voor te berei vir die T20 Wêreldbeker. Die volg na ‘n vaardigheidskamp in Tshwane vroeër die maand. Die tussentydse hoofafrigter Dillon du Preez sê die kamp op Kingsmead sal verseker die beste moontlike groep is gereed vir die Wêreldbeker, wat vroeg in Oktober in die Verenigde Arabiese Emirate begin. Die toernooi is na die Emirate verskuif weens moontlik politieke onrus in Bangladesj.