Hezbollah sê hy is nog nie klaar met Israel nie
Hezbollah-leier Hassan Nasrallah waarsku dat meer aanvalle op Israel uitgevoer gaan word. Dit volg nadat Israel aanvalle, wat hy as voorkomend beskryf, in Libanon uitgevoer het en Hezbollah honderde vuurpyle op Israel afgevuur het. Nasrallah sê sy weerwraak na die sluipmoord op sy militêre bevelvoerder, Fuad Shukr, is vertraag weens Israel en Amerika se militêre mobilisering in die gebied. Hy sê hulle wag om te sien wat die uitslag is van die voortgesette skietstilstand-onderhandelings tussen Israel en Hamas voor hulle besluit wat om volgende te doen.