Diplomatieke herrie ontketen met Telegram-baas se arrestasie
Die arrestasie van die 39-jarige Pavel Durov, ‘n tegnologie-miljardêr en stigter van die Telegram-toep het ‘n waarskuwing van Moskou aan Parys uitgelok dat sy regte gerespekteer moet word. X-eienaar Elon Musk het sy stem bygevoeg en sê het dat vrye spraak in Europa aangeval word. Vanuit Rusland word daar berig at Durov ‘n politieke gevangene van die Weste is. Franse owerhede het hom in hegtenis geneem vir oortredings wat ‘n tekort aan moderators op die toep insluit, wat op sy beurt misdade toelaat.