Algeriër vas vir sinagoge-aanval in Frankryk

Teen-terrorisme polisie in Frankryk het ‘n man gearresteer wat vermoedelik probeer het om ‘n sinagoge in die suidelike stad La Grande-Motte aan die brand te steek. Die voorval het Saterdag gebeur en die verdagte is gister in Nimes aangekeer. Hy het op beamptes geskiet en is toe in die gesig gewond. Twee ander mense is ook in hegtenis geneem. Die Franse media berig die verdagte is ‘n 33-jarige Algeriër. Hy het twee motors in die sinagoge se parkeerarea aan die brand gesteek, een waarin ‘n gasbottel was, en die deure van die gebou beskadig.