Wagter en Wollie maak goeie lewensredders in Spanje
‘n Span opgeleide honde is ontplooi in Spanje as lewensredders op strande in die Suide van die land. Die honde – meestal Labradors en Newfoundlands – dra spesiale baadjies en patrolleer die Levante-strand naby Malaga saam met hul hanteerders. Volgens kenners kan die honde strome in die see opspoor wat mense nie kan doen nie en hulle baie goeie uithouvermoë. Newfoundland-honde kan 5,6 kilometer swem en vlotte wat tot drie metrieke ton weeg sleep terwyl Labradors 2,4 ton kan sleep. Albei rasse gebruik hulle akute reuksintuig om mense op te spoor.