Soedan weermaghoof sal ‘100 jaar baklei’August 25, 2024
Soedan se de facto-leier, die leërhoof Abdel Fattah al-Burhan, sê sy regering sal nie by vredesgesprekke met die Rapid Support Forces in Switserland aansluit nie en sê hy sal vir 100 jaar baklei. Die Verenigde State het op 14 Augustus samesprekings in Switserland begin veral omdat die humanitêre toestand is die land uiters sleg is. Terwyl ‘n afvaardiging van die Rapid Support Forces opgedaag het, was die Soedanese weermag nie tevrede met die formaat nie.