Mediese eise: Motsoaledi gee regslui een kans
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê sy departement het ‘n aanbod aan regslui gemaak wat wetend bedrieglike mediese regseise ingedien het, om dit binne twee weke terug te trek, sonder enige gevolge. In die Oos-Kaap is 2 500 eise ter waarde van 22,3 miljard Suid-Afrikaanse rand by die departement ingedien. Die minister sê indien die terugtrekking nie binne twee weke gedoen word nie, sal die aanbod verval en die Spesiale Ondersoekeenheid sal dan toeslaan: