Khan vra ICC-regters om te woeker oor sy lasbriewe
Die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof het ‘n beroep op regters gedoen om dringend te beslis oor sy versoek vir lasbriewe vir die inhegtenisneming van die Israelse eerste minister, Benjamin Natanyahu, die Hamas-leier, Yahya Sinwar, en andere. Karim Khan het ‘n aansoek om lasbriewe ingedien teen diegene wat by die Hamas-geleide aanval van 7 Oktober in Israel betrokke was, en Israel se oorlog daarna in Gaza. Volgens Khan is die leiers strafregtelik verantwoordelik vir beweerde oorlogsmisdae en misdade teen die mensdom. Hy vra ook die regters om enige teenaansoeke te verwerp.