Beserings teister die All BlacksAugust 24, 2024
Die All Blacks se beseringslys word langer met stut Ethan de Groot die nuutste om die twee toetse teen die Springbokke in die Rugbykampioenskap mis te loop. Hy het nie betyds van ‘n nekbesering herstel nie wat hom ook uit die tweede toets teen Argentinië gehou het. Dit volg op die beserings aan slot, Patrick Tuipolotu, en veelsydige agterspeler, Stephen Perofeta. George Gower vervang De Groot in die groep. Die eerste toets teen die Springbokke is Saterdag op Ellispark en die tweede ‘n week later in Kaapstad.