Beloning aangebied vir arrestasie van Keniaanse vermeede reeksmoordenaarAugust 24, 2024

Die polisie in Kenia het ‘n beloning van 1 500 Amerikaanse dollar aangekondig vir inligting wat lei tot die inhegtenisname van Collins Jumaisi, ‘n vermeende reeksmoordenaar wat Dinsdag uit ‘n Nairobi-polisiesel ontsnap het. Jumaisi, word daarvan beskuldig dat hy 42 vroue oor ‘n tydperk van twee jaar vermoor het. Hy het saam met 12 Eritreërs by ‘n polisiestasie in ‘n luukse area van die hoofstad ontsnap en vyf polisiebeamptes is by sy ontsnapping betrek. Hulle is intussen om borg vrygelaat.