O&L se Cleanergy vorder baie goedAugust 9, 2024
Cleanergy Solutions Namibia staan aan die spits van die ontwikkeling van Afrika se eerste groenwaterstofproduksiefasiliteit en openbare vulstasie in die Erongo-streek. Die gesamentlike onderneming tussen Ohlthaver en List en CMB.TECH gebruik sonkrag om waterstof as brandstof vir vragmotors, hawetoerusting en spoorwegtoepassings te vervaardig. Dit dra by tot Namibië se doelwit om ‘n leier in hernubare energie te word en koolstofvrystellings te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Groenwaterstofkommissaris, James Mnyupe, wat ‘n opdatering oor die projek gee.