Jy moet jou boorgat registreer, ses maande oorAugust 9, 2024
Die nuwe waterwet wat op 29 Augustus verlede jaar in werking getree het, skryf voor dat alle boorgate binne 18 maande vanaf inwerkingtreding geregistreer moet word. Die Namibiese Landbou-unie het sy lede ingelig dat alle boorgate geregistreer moet word of hulle in gebruik is of nie en ook as hulle droog is. Grondeienaars moet kan bewys boorgate is geregistreer met ‘n registrasienommer en al die nodige inligting moet verskaf word sodat dit op die landbouministerie se databasis geregistreer is.