Hatuikulipi kan nie sy geld kry nieAugust 9, 2024

Regter Claudia Claasen het die aansoek deur Fishrot-beskuldigde James Hatuikulipi om 5,75 miljoen Namibiese dollar uit sy bank- en beleggingsrekeninge vry te stel van die hand gewys. Die bates is bevries en Hatuikulipi het aangevoer hy het die geld nodig om vir sy verdediging in die Fishrot-saak te betaal. Aanklaer-generaal Martha Imalwa het sy aansoek teengestaan en sê Hatuikulipi het nie aan die hof bekend gemaak waar 4,1 miljoen Amerikaanse dollar, destyds die ekwivalent van 61,8 miljoen Namibiese dollar, in twee bankrekeninge van sy maatskappy Tundavala Invest in Dubai inbetaal is nie.