Franse tiener rugbyspeler verdrink by KaappuntAugust 9, 2024

SA Rugby het medelye uitgespreek nadat ‘n tiener Franse speler vermoedelik dié week by Kaappunt verdrink het. Die 17-jarige Medhi Narjissi was ‘n lid van sy land se onder-18-span wat deelneem aan ‘n toernooi saam met Suid-Afrika, Engeland, Ierland en Georgië. Hy is die see in meegesleur tydens ‘n uitstappie met sy spanmaats. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, sê hulle het steun beloof vir die Franse span en die tiener se familie, wat op pad is na Suid-Afrika.