Aussie Tizzano maak debuut môre in BrisbaneAugust 9, 2024

Carlo Tizzano maak môre sy toetsdebuut vir die Wallabies in hulle Rugby Kampioenskap-openingswedstryd teen die Springbokke in Brisbane. Tizzano speel aan die oopkant, terwyl sy medeflank, Luke Reimer van die bank af sy debuut kan maak. Allan Alaalatoa behou die kapteinskap. Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt sê hulle sal baie akkuraat moet wees teen die Bokke.