Nog opposisie-lede in Uganda gearresteer
Ugandese polisie het 14 opposisie-amptenare en ondersteuners in hegtenis geneem terwyl hulle deur Kampala na die Keniaanse ambassade opgeruk het om te protesteer teen Nairobi se besluit om ‘n groep van hul kollegas aan te hou en te deporteer. Die arrestasies en verlede maand se deportasies kom na beide Kenia en Uganda geruk is deur anti-regeringsbetogings deur die jeug en opposisie-aktiviste. Keniaanse owerhede het 36 lede van Uganda se opposisie Forum vir Demokratiese Verandering aangehou wat daarheen gereis het vir ‘n opleidingskursus. Hulle is na Uganda gedeporteer waar hulle van terrorismeverwante misdrywe aangekla is. Opposisiekritici en menseregte-kampvegters beskuldig president Yoweri Museveni se regering al lank dat hulle vals aanklagte gebruik om sy teenstanders hok te slaan.