Nege by UNRWA afgedank, betrokke by 7 Oktober-aanval

‘n Ondersoek van die Verenigde Nasies het bevind nege werknemers van sy hoofagentskap vir Palestynse humanitêre hulpverligting, UNWRA, was moontlik betrokke by die Hamas-geleide aanval op Israel op sewe Oktober verlede jaar. Sowat 1 200 mense is dood en meer as 200 is as gyselaars na Gaza geneem. Die VN se adjunk-woordvoerder, Farhan Haq, wat nie presiese besonderhede verskaf het oor die betrokkenheid van die nege nie, sê hulle is almal afgedank: