ECB skep kode vir billike, regverdige kragvoorsiening

Die Elektrisiteitsbeheerraad die Nasionale Aansluitingsheffingsbeleid in ‘n Nasionale Aansluitingsheffingskode omskep. Dit is daarop gemik om te verseker dat gebruikers wetlik verplig is om gebruik te maak van die kode, wat ‘n verpligte regsinstrument is, en om ‘n gestandaardiseerde benadering tot kragnetwerkverbindings en gepaardgaande heffings daar te stel. Die raad se hoofbestuurder vir ekonomiese- en markregulering, Pinehas Mutota, sê die kode sal ‘n deurslaggewende rol speel om regverdigheid, deursigtigheid en doeltreffendheid in die elektrisiteitsvoorsieningsektor te verseker.