DA eis optrede met Gauteng se skoolvoeding

Die DA moedig die Departement van Onderwys in Gauteng aan om op te tree oor ‘n krisis in die skoolvoedingskema. Die party sê die probleme het ontstaan weens ‘n bestrede 1 miljard Suid-Afrikaanse rand tender weens onbehoorlike verkrygingsprosesse. Hulle eis onmiddelike optrede om seker te maak leerders kry voedsame maaltye wat noodsaaklik is vir hulle onderwys. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê inspeksies by verskeie skole het onreëlmatige en onvoldoende kosaflewering onthul: