Buitelanders gemaan om eerder Libanon te verlaat
Verskeie lande, insluitende Amerika, Brittanje, Australië, Frankryk, Kanada, Suid-Korea, Saoedi-Arabië, Japan, Turkye en Jordanië raai hulle burgers aan om Libanon te verlaat weens toenemende spanning in die Midde-Ooste. Verskeie vlugte by die lughawe in Beiroet is ook gekanselleer te midde van vrese oor konflik wat verhoog het met Hezbollah se aanvalle op Israel. Iran het onderneem om terug te slaan na die dood van die Hamas-leier, Ismail Haniyeh. Diplomatieke pogings keer steeds groter spanning met sowel Israel as Hezbollah wat aandui hulle wil groter konflik vermy.