Ally Angula gee haar standpunt oor aborsie

Aborsie bly ‘n aktuele kwessie in Namibië. Die land volg steeds die wet waar aborsie onwettig is en slegs toegelaat word in gevalle van verkragting en abnormaliteite. In aanloop tot die verkiesing het Kosmos 94.1 Nuus met verskeie politieke partye en presidensiële kandidate gepraat en hul standpunte oor die saak uitgevind. Die onafhanklike presidensiële kandidaat Ally Angula gee haar sienings en oortuigings oor aborsie.