Aandelemarkte loop deur onder Amerikaanse resessie-vrese

Aandelemarkte kry swaar nadat swak Amerikaanse indiensnemingsyfers vrese aangeblaas het van ‘n ressessie in die wêreld se grootste ekonomie en verwagtinge oor ‘n rentekoersverlaging deur die Federale Reserwebank laat opvlam het. Die Amerikaanse ekonomie het verlede maand net 114 000 werksgeleenthede bygevoeg, terwyl die werkloosheidskoers tot sy hoogste vlak sedert Oktober 2021 opgeskiet het. Trae fabrieksdata het ook kommer aangewakker dat rentekoerse te lank hoog gehou is. Dit lei tot bespiegeling dat die ekonomie kan afstuur op ‘n harde landing en kan oorhel in ‘n resessie.