Venaani staan laaste keer
Die leier van die amptelike opposisie PDM-party, McHenry Venaani, het aangekondig dat hy vir die laaste keer vir die presidentskap van sy party gaan deelneem voordat hy uit die politiek tree. Die party sal sy kongres van 22 tot 24 Augustus in Katima Mulilo hou. Venaani, wat die party die afgelope tien jaar lei, sê hy sal sy laaste termyn gebruik om te begin voorberei vir ‘n opvolger. Die 46-jarige Venaani is een van die mees ervare opposisiepolitici in Namibië. Hy het op die ouderdom van 25 by die Nasionale Vergadering aangesluit en die PDM-presidentskap in 2013 by sy voorganger, Katutire Kaura, oorgeneem.