Spele: Tatjana Smith bring eerste goud vir SA

Die swem-ster Tatjana Smith het Suid-Afrika se eerste goue medalje in Parys gewen. Sy was eerste in die 100 meter borsslag vir vroue, gevolg deur China se QT Tang met silwer en Ierland se Mona McSharry wat die brons verower het. Intussen het Alan Hatherly die bronsmedalje in die bergfietsry vir mans gewen. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat ‘n medalje in die sport wen sedert die land se terugkeer in 1992, ná internasionale isolasie. Smith sê sy het geswem vir almal wat in haar glo: