Spele: Amerikaanse skaatspan kry winter-medaljeJuly 30, 2024

Die Amerikaanse sierskaatsspan van die Winterspele in Beijing in 2022 kry volgende week uiteindelik hulle goue medalje. Dit volg nadat die Russiese tiener, Kamila Valieva, vroeër gedurende 2022 skuldig bevind is aan die gebruik van opkikkers en vir vier jaar geskors is. Haar punte is afgetrek en Rusland het teruggesak tot die bronsmedalje met Japan wenners van die silwer. Die Internasionale Olimpiese Komitee sê hoewel die oomblik vir ‘n goue medalje-oorwinning onvervangbaar is, voel die atlete Parys is so goed soos enige ander plek.