PLAN-veterane sê Heldedag moet waai, hulle moet die geld kryJuly 30, 2024

Die lynminister Frans Kapofi het aan oorlogsveterane dit duidelik gemaak dat Heldedag altyd deel sal vorm van die Namibiese kalender en dat Heldedag afgestorwenes herdenk en nie lewendes nie. Dit kom na ‘n vergadering met die veterane waar hulle eis enige begroting wat die Heldedag toegeken is aan hulle en die sogenaamde ‘struggle kids’ oorbetaal moet word. Saraphina Reuben, woordvoerder van die veterane, sê die dooies sou geskok wees as hulle die armoede van die oorlewende veterane sien. Meer as 2 miljard Namibiese dollar word jaarliks op talle voordele vir veterane bestee. Hulle is die beste versorgde groep in die land.