Otji-polisie soek steeds na 5 rowers wat N$246 000 buit

Die Otjozondjupa-polisie het sy soektog verskerp na die vyf vermeende gewapende rowers wat na Maandag ‘n vulstasie in Otjiwarongo van meer as 246 000 Namibiese dollar beroof het. Die mag se woordvoerder hoofinspekteur Maureen Mbeha, sê die roof het in die vroeë oggendure plaasgevind. Voorlopige inligting dui daarop dat ‘n vrou wat by die vulstasie werk, geld by die kantoor gaan haal en na die winkel op dieselfde perseel gebring het. Die mans, gewapen met ‘n pistool, ‘n panga en ‘n byl, het die winkel bestorm en die geld gesteel voor hulle te voet gevlug het.