Nuwe visumregime laat asielsoekers na VK skerp daalJuly 30, 2024
Namibiese aansoeke om asiel in die Verenigde Koninkryk het van 1 000 tot vyf gedaal sedert die land verlede jaar gratis visums aan Namibiërs afgeskaf het. Die Britse hoë kommissaris, Charles Moore, het die syfers aan plaaslike media bekend gemaak. Hy voeg by dat die stap gekritiseer is maar, sê dit was nodig. Dit was onvolhoubaar omdat mense aansoek gedoen het bloot om voordeel uit die grasietydperk van 18 maande te trek. Gedurende die grasietydperk het die land aansoekers van verblyf, kos en werksgeleenthede voorsien. Nou neem dit 15 dae vir ‘n visum om uitgereik te word en dit kos geld.