Brockerhoff verskyn, saak tot Oktober uitgestel
Vermeende stroper Derick Brockerhoff en sy makker Markus Rooinasie het vanoggend voor landdros Monica Andjaba in die Windhoek-laerhof verskyn. Rooinasie het skuldig gepleit op ‘n klag van stopery na die twee in April met ‘n koedoe en gemsbok karkas oos van Windhoek gevang is. Brockerhoff sal homself verdedig en sy saak is tot 23 Oktober uitgestel. Rooinasie se saak sal nou afsonderlik hanteer word. Brockerhoff blyk om vermoedelik ‘n reeksstroper te wees en Kosmos 94.1 Nuus is in besit van 24 klagtes, waaronder dwelmhandel ook, teen hom in verskeie howe regoor die land. Daar was sprake dat al sy sake saamgevoeg sou word en oorgeplaas word streekshof toe maar tot op hede het dit nie gebeur nie.