Repokoers moet in September in SA daal – dis onvermydelik
Die Suid-Afrikaanse rand het effe versterk teenoor die Amerikaanse dollar verlede week veral na die jongste inflasiesyfers uit die VSA getoon het dat die Federale Reserwebank teen September rentekoerse sal sny. Volgens dr. Roelof Botha van die Optimum-groep beteken dit dat dit onvermydelik sal wees dat Suid-Afrika ook teen September ‘n daling in die repokoers sal sien. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.