‘Padblokkade’ toe heeltyd ‘n roof-lokvalJuly 24, 2024

Die toer-maatskappy Wilderniss Safari het op sosiale media bekendgemaak dat een van hulle bestuurders op die pad tussen Outjo en Khorixas beroof is. Inligting is skraps, maar die bestuurder was in een van hulle voertuie by wat lyk na ‘n vals padblokkade gestop, met ‘n geweer gedreig en beroof van kontant wat hy in Otjiwarongo omgeruil het. Die voertuig se bande is gesny en die voorruit is stukkend geslaan. Die bestuurder is ongedeerd en daar was geen gaste in die voertuig nie.