Middelweerstandige malaria wek groot kommerJuly 19, 2024
Wetenskaplikes waarsku miljoene mense se lewens is in gevaar tensy dringend opgetree word om die verspreiding van middelweerstandige malaria in Afrika stop te sit. Malaria-parasiete wat die uitwerking van die noodsaaklike middel artemisinien kan afskud, het in Oos-Afrika ‘n vastrapplek gekry. Weerstandsvlakke het in sommige gebiede binne drie jaar skerp gestyg van minder as een-persent tot meer as 20-persent van alle gevalle. Die laaste keer toe weerstand teen ‘n malaria-teenmiddel in Afrika versprei het, het die dodetal onder kinders drievoudig toegeneem.