Trump vra Kennedy om sy veldtog te ondersteun

Die Republikeinse presidensiële genomineerde Donald Trump het aan Robert F. Kennedy Jr. voorgestel dat die onafhanklike presidentskandidaat iets kan doen om die Trump-veldtog te ondersteun. Dit is volgens ‘n video van ‘n telefoonoproep wat op sosiale media geplaas is en deur Kennedy bevestig is. Kennedy-ondersteuners strek oor die politieke spektrum, en sommige peilings toon dat hy kiesers van beide Trump en Biden sal weglok. Kennedy het Trump op X, voorheen Twitter, om verskoning gevra vir die gelekde video. Hy was glo besig met ‘n video-opname toe Trump hom gebel het en die kameraman het aanhou opneem.