Is daar genoeg invoere en uitvoere vir ‘n derde hawe?
Job Amupanda, leier van die Affirmative Repositioning-beweging, het in ‘n onlangse twiet gesê sodra hy aan bewind is, sal hy ‘n derde hawe benewens Lüderitz en Walvisbaai skep. Volgens Amupanda sal die derde hawe by Kaap Fria in die Kunene-streek wees omdat daar reeds planne daarvoor is. Kosmos 94.1 Nuus het Abel Sindano, die uitvoerende hoof vir ekonomiese statistiek by die Namibië Statistieke-agentskap, geraadpleeg oor of ‘n derde hawe nodig is met die volumes handel wat die land ondervind.