Ietermagô-handel: Meer navorsing is nodigJuly 15, 2024
Die handel in en stropery van ietermagô’s neem toe, volgens die 2023 Nasionale Verslag oor Natuurlewebeskerming en Wetstoepassing in Namibië. Die verslag sê dat ietermagô-beskerming ‘n voortdurende uitdaging bied, omdat die dryfvere vir die plaaslike handel nie goed verstaan word nie en die dinamika van die nasionale ietermagô-bevolking nie eintlik bekend is nie. Tydens ‘n nasionale belanghebbendes-forum oor wildbeskerming het Anne-Marie Nainda, ‘n lid van die InterPol Uitvoerende Komitee, gesê owerhede werk hard om ietermagô-stropery te keer.