SA het nie genoeg gedoen om van gryslys af te kom nieJune 29, 2024

Suid-Afrika het steeds nie genoeg gedoen om van die Finansiële Aksie Taakspan se gryslys verwyder te word nie. Ter afsluiting van sy drie-daagse vergadering in Singapoer, het die waghond gesê hoewel daar sedert verlede jaar vordering gemaak is, bly daar steeds belangrike tekortkominge. Dit sluit in die doeltreffende deel van inligting, die afdwing van sanksies en die vervolging van finansiële misdade. Die Tesourie, wat gehelp het om Suid-Afrika se reaksie op die gryslys te koördineer, sê intussen, Suid-Afrika sal eers teen die middel van volgende jaar al die probleme wat geïdentifiseer is, kan regmaak.