Kaapstad se plakkers se dae is getel
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die Wes-Kaapse hoërhof se finale uitsettingsbevel vir verskeie onwettige bewoners van persele in die Kaapstadse middestad verwelkom. Die burgemeester se woordvoerder, Lyndon Khan, sê ‘n menswaardige oorgangskuiling by die stad se Veilige Ruimtes is steeds vir diegene beskikbaar wat die diens benodig. Khan sê die Balju word toegelaat om enige oorblywende bewoners na 30 Julie uit te sit: