‘DA wil beheer oor SA neem’June 18, 2024
Al Jama-ah se leier, Ganief Hendricks, sê die DA wil ten alle koste beheer neem oor die regering van nasionale eenheid. Hendricks sê die ondertekende Verklaring van Voorneme tussen die twee partye maak deure oop vir magsdeling tussen die voormalige onderdrukkers die gewese swart bevrydingsbeweging.