Twee dood in aanvalle op stemlokale in MeksikoJune 3, 2024

Twee mense is dood in twee aanvalle by stemlokale in die staat, Puebla, tydens Mexiko se geskiedkundige verkiesing. Stemlokale het gesluit in die verkiesing waar die land waarskynlik sy eerste vroulike president gaan kies. Die twee voorste presidentskandidate is Claudia Sheinbaum van die linkse Morena-party en Xochitl Gálvez van die konserwatiewe PAN-party, wat ʼn koalisie opposisiepartye verteenwoordig. Geweld het gereeld tydens die verkiesing voorgekom en 38 kandidate is vermoor.