Nigerië wil reserwebank se mag beperkJune 3, 2024

Nigerië wil sy sentrale bank se beheer oor ekonomiese beleid beperk. ‘n Wetsontwerp stel die stigting van ‘n komitee voor wat monetêre en fiskale beleid sal koördineer, met die minister van Finansies aan die hoof. Volgens Reuters was inflasie in Afrika se digsbevolte land in April die hoogste in 28 jaar, naamlik 33,69-persent. Die land toon swak ekonomiese groei en ‘n sukkelende wisselkoers. Die Internasionale Monetêre Fonds het Nigerië gewaarsku teen inmenging in die onafhanklikheid van die sentrale bank omdat dit die land se vermoë kan verswak om inflasie te pak en bestendigheid te herstel.