Itula verduidelik die belang van kiesersregistrasie

Die algemene registrasie van kiesers het afgeskop en duur tot 1 Augustus. Ten spyte van die koue was sommige inwoners reeds vroeg by registrasiepunte in die hoofstad. Die president van die Independent Patriots for Change, Dr. Panduleni Itula, het ook in die ry gestaan by die Philadelphia-kerk in Katutura om te registreer. Itula verduidelik hoekom dit vir almal belangrik is om te registreer.