Eagles klop Oman in super-beurt by T-20 WêreldbekerJune 3, 2024
Namibië het sy eerste wedstryd by die IKR T-20 Wêreldbeker teen Oman gewen. Die wedstryd het met 109 lopies elk gelykop geëindig, waarna dit in ‘n super-beurt beslis is. Die Eagles se David Wiese en kaptein Gerhard Erasmus het 21 lopies in hulle super-beurt aangeteken. Wiese het in Oman se super-beurt Naseem Khushi uitgeboul, en Oman tot 10 lopies beperk. Wiese is as Speler van die Wedstryd aangewys. Namibië se volgende wedstryd is Donderdag teen Skotland.