Blitsbok-afrigter teleurgesteld met sesde plekJune 3, 2024
In rugbynuus, is Springbok Sewes-afrigter Philip Snyman teleurgesteld oor hul vertoning in die Madrid Sewes, die laaste toernooi van die Wêreldreeks. Die Blitsbokke moes tevrede wees met ‘n sesde plek nadat hulle met 12-7 verloor het in hul uitspeelwedstryd teen Ierland. Suid-Afrika se fokus is nou gevestig op Monaco, waar hulle moet kwalifiseer vir die Olimpiese Spele in Parys in Julie. Snyman sê hul gebrek aan konsekwentheid was duidelik te sien.