Vroue-president wink vir Mexiko

Mexikaanse kiesers gaan dalk vandag geskiedenis maak en hulle eerste vroulike president verkies. Dit sal ʼn mylpaal wees in die misdaad geteisterde land waar geslagsgeweld en diskriminasies lank reeds hoogty vier. Die regerende party se kandidaat, Claudia Sheinbaum, is ʼn opgeleide wetenskaplike en voormalige burgemeester van Mexiko Stad. Sy is op die vooraand van die stemmery 17 punte voor haar hoofopposisie. Die enigste man in die presidentswedloop, Jorge Alvarez Maynez, is ver agter. Dit was ʼn besonder gewelddadige veldtog waartydens talle kandidate vermoor is.