SA kredietgradering swakker na 30 jaarJune 2, 2024
Suid-Afrika se kredietgraderingsgeskiedenis toon ‘n aansienlike verswakking. Na 30 jaar se demokrasie het die gradering teruggesak van sub-belegging na rommelstatus. Die land se status was eens beleggingsgraad, wat beduidende beleggings van oorsee en plaaslik getrek het. Volgens die ontleder van ABSA, Simphiwe Letlojane, moet Suid-Afrika sterk ekonomiese hervormings implementeer en maatreëls instel om beleggersvertroue te herstel om weer as beleggingsgraad geklassifiseer te word.