VN hoof verwelkom Israel se voorstel vir beëindiging van oorlog

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal António Guterres het Israel se nuwe voorstel vir ‘n permanente skietstaking in Gaza verwelkom. Die drie-fase voorstel begin met ‘n skietstaking van ses weke waartydens die Israelse weermag uit Gaza onttrek, die vrylating van gyselaars in ruil vir honderde Palestynse gevangenes se vrylating en groter humanitêre hulp. ‘n VN-woordvoerder, Stéphanie Dujarric sê die situasie in Gaza is wanhopig.