Verslaan Hamas dan eers ‘n wapenstilstand

Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu hou vol daar sal geen permanente wapenstilstand in Gaza wees nie totdat Hamas se militêre en regerende vermoëns vernietig is en totdat álle gyselaars vrygelaat is. Dit volg op die Amerikaanse president, Joe Biden, se aankondiging van ‘n drie-fase plan wat deur Israel voorgestel is, wat sal lei tot ‘n permanente wapenstilstand. Te midde van voortdurende gevegte in Rafah, het Netanyahu se kantoor Israel se onversetlike standpunt herbevestig, dat Hamas eers verslaan en gyselaars se vryheid verseker moet wees, voordat enige wapenstilstand-ooreenkoms ‘n werklikheid sal word.