Venesië stel beperkings op toergroepe in
Nuwe regulasies wat luidsprekers verbied en die grootte van toergroepe tot 25 mense beperk, het in Venesië in werking getree. Amptenare sê die maatreëls wil die impak van ‘n stortvloed toeriste op die Italiaanse stad beperk. Die kanale van Venesië se geskiedkundige kern maak die stad een van die mees gewilde plekke in Europa. Te veel toeriste word algemeen bestempel as een van die dringendste kwessies vir Venesië. Die stad het ‘n bevolking van ongeveer 250-duisend mense en in 2019 het hy meer as 13-miljoen besoekers ontvang.